Today's Date

May 20, 2019

987

987_3

Eendrag-brand haal die nuus

Die volgende is 'n transkribering van die nuusinsetsel oor die brand wat op 9 Augustus 2007 op Eendrag se derdevloer ontstaan het: (SABC Nuus, 9 Augustus 2007)

Suzanne Steyn (nuusleser): ’n Brand het groot skade aan een van Stellenbosch se oudste koshuise aangerig. Die skade word op miljoene rande gestel.

Verslaggewer: Die brand het op die derdeverdieping van die Eendrag Manskoshuis ontstaan. Die vlamme het vinnig versprei, maar danksy rookverklikkers het talle studente wat nog geslaap het betyds uit die gebou padgegee. Die hele derde verdieping is in puin gele. Dis ’n groot slag vir studente enkele maande voor die einde van die akademiese jaar.

Ian Burger: Ek weet mense het al baie gese, maar jy weet, kom bly by ons, ons sal geld gee. So dit gaan interessant wees om te sien hoe die gemeenskap gaan help en watter fondse hulle beskikbaar sal stel. Party ouens is beter af as ander. Ek dink party mense gaan sukkel - dit gaan baie moeilik wees.

Verslaggewer: ’n Forensiese ondersoek sal gedoen word na die oorsaak van die brand. Vier studente is beseer toe hulle uit hul kamervensters na veiligheid gespring het. Een word nog vir brandwonde in die hospitaal behandel, maar die ander drie is ontslaan.

Mohamed Shaikh: Die universiteit ondersteun ons studente op die oomblik. Jy kan verstaan dat baie van ons studente het baie van hul akademiese materiaal verloor: notas, boeke, hulle rekenaars, al die soort van goed. So dit is ’n groot verlies vir die studente. Die universiteit, uit die aard van die saak, wil hulle op elke moontlike vlak ondersteun. Ons wil hulle nie net fisies met die plasing op ander plekke help nie, maar ook om dit vir hulle makliker te maak in terme van hul studiemateriaal en die herwinning daarvan en ook om aan die einde van die jaar suksesvol te kan wees in terme van hulle studies.

Verslaggewer: 278 studente moet intussen elders gehuisves word.

“The Eagle will fly again”

Cape times, 10 August 2007:

Eendrag, the University of Stellenbosch’s top academic men’s residence and home to 270 students, has been destroyed in a devastating fire. Two roommates were injured, one seriously, when they leapt from their window on the top floor of the blazing threestorey building. …The fire started shortly before 7am, when most were asleep after a night of partying ahead of the public holiday.

Witnesses said it took only a few minutes for the fire to spread from a central balcony on the third floor to the ends of the passage. …The entire third floor; housing senior students, was destroyed. The roof and facade had collapsed, windows were shattered and the third floor was blackened. The first and second floors were only partially burnt, but the students’ belongings were damaged by water used to douse the flames. …Shortly after the building was evacuated, the residents gathered on the lawn and sang the house anthem with hands on their chests and lumps in their throats. “We’ll come back next year. We won’t lie down. The Eendrag Eagle will fly again,” said primarius, De Wet Spies.

987_1

Hulp stroom in uit talle oorde

Die Burger, 11 Augustus 2007

Nadat die brand alles op die manskoshuis Eendrag se boonste verdieping verteer het, word geld op georganiseerde en spontane maniere ingesamel om die nood te verlig. Dawid van Vuuren (21), van Panorama, en Dirk Viljoen (20), van Port Elizabeth, was albei derdeverdieping-bewoners van Eendrag. Gister het hulle op die hoek van Merrimanlaan en Birdstraat in die Eikestad met kartondose goedhartige motoriste se finansiële hulp ingeroep. “Al my besittings het verbrand,” het Van Vuuren gesê. “Ons probeer dit so maklik as moontlik vir ons ouers maak.” Die twee wil nuwe handboeke en klere koop. “Dit is my niggie se jeans!”het Viljoen gesê en na sy broek gewys. Sy hemp het hy by sy oom gekry en die baadjie wat hy aangehad het, is die waarmee hy Donderdagoggend van die vlamme ontsnap het. …Die boekhandelaar Van Schaik het gister aangekondig hy gaan Maandag aan elke Eendrag-inwoner ʼn skryfbehoefte-pakkie oorhandig en ’n lys saamstel van watter handboeke studente verloor het. Die boeke sal dan gratis aan die studente verskaf word, het mnr. Hilton Rithford, Van Schaik se handelsmerkbestuurder, gesê. Die manskoshuis Dagbreek gaan Dinsdag ’ʼn geleentheid hou om geld vir Eendrag in te samel. Musiekgroepe gaan optree en van die Dagbrekers gaan “opgeveil” word. “Ons doen die ding onder die vaandel van ‘Daggies vir Draggies’,” het Dagbreek se primarius, Marco Botha, gesê.

’n Gemeenskap wat saamstaan

Die Burger, 11 Augustus 2007

“Danksy die hulp en ondersteuning van vriende, familie en Stellenbossers het al die studente Donderdagaand slaapplek gehad,” lui ’n mediaverklaring van die US. Prof. Tom Park, voorsitter van die US se gebeurlikheidskomitee, het die Eendrag-bewoners geprys vir die wyse waarop hulle die situasie hanteer het. “Daar is ook groot lof vir die wyse waarop medestudente, die verskillende fakulteite en departemente en personeel die studente ondersteun,” het hy luidens ’n verklaring gesê.

Om uit die as uit op te staan

Jan Greyling, Primarius 2009 - (Vires Unitatis, Oktober 2007)

Dis nou al byna drie maande na daardie dag wat alles verander het. Maar soos altyd gaan die lewe aan en wag dit vir niks of niemand nie. Eendrag se volgende groep eerstejaars is reeds geplaas en huidige Eendragters gaan voort op hul lewenspad. Mense kry graad, mense gaan weg, paartjies breek op en ander begin uitgaan. Gelukkig gaan die herstel van die koshuis, soos alles, ook aan. Elke dag word iets reggemaak en die uitsien om terug te keer huis toe, word meer met elke dakteël. Tans behoort daardie dag kort na 18 Januarie 2008 te wees aangesien die bouers steeds op skedule is. Gelukkig hoef daar ook nie kommer te wees dat Eendragters in hul eie huis sal verdwaal nie. Alles word soos dit op daardie dag was, herstel. Tot die ligskakelaars sal wees waar dit was. Daar sal egter enkele byvoegings wees: dubbele muurproppe en die kamerdeure op die derdevloer sal kaartlesers hê. ’n Vlagpaal gaan in die quad aangebring word. Vlaghys-seremonies sal dan ingestel word waartydens die nuwe Eendrag vlag gebruik sal word. Die ontwerp van die vlag is tans onder bespreking. ’n Stuk van die erg-verweerde muur van Omgang se stoep gaan ook nie herstel word nie, maar met perspeks bedek word. Dit sal, tesame met ’n plaatjie wat daarop aangebring word, ook dien as herinnering van daardie dag se gebeure. Verder sal alles dieselfde wees: die stoepkuiers, die stort soos altyd, en al die ander onvergeetlike tye.

987_2

Inside the Fire

Linsen Loots, Vires Unitatis, October 2007

I stand barefoot in the early morning cold watching the fire spread. The air is alive with its crackling roar and the orange light flickers over everything around me...

The roof falls in on room after room, like tumbling dominos. I see my own room collapse, my elegant lights tumbling into an inferno. This is the most striking thing I remember: the grass cold and damp under my feet, the building bright and hot in front of me and the noise of the fire providing a counterpoint to the stunned silence around me. The fire-alarm woke me shortly before seven that morning, and I immediately got up, grabbed my jeans, Eendrag rain jacket and cell phone (soon to be my only possessions) and raced out of my room. Before I even reached the end of the passage I could tell there was something wrong. There is an energy that accompanies fire, something in the sound of it and the smell of the smoke that you never forget. I reached Swingel’s landing, and saw orange light coming from Pros’s stoep. Without stopping to think, I ran to the fire and grabbed the nearest fire extinguisher. It was already too late, however, and I couldn’t even get close to the fire. Within moments I had to go down to the second floor, away from the thick smoke and acrid extinguisher fumes.

All around me people were running out of the building, everyone shouting and banging doors. I ran back to Swingel and tried to tell people to leave, but the smoke soon became too much and I had to leave the building. Slowly, with the rising sun, the realisation that it’s really happening settles in. The entire third floor is gone, nothing but ashes and roof tiles left. All around me there are people, most of them Eendragters, wearing that emotionless expression you see during disasters on CNN. There are so many concerned friends and family, all desperately unable to help. Gradually things start to happen: role calls to check whether everyone got out, breakfast brought by other residences, meetings to assess the damage and make plans about what happens next. Within a few hours the university’s representatives tell us that they’re searching for accommodation, that Eendrag will be closed until at least the end of the year, that meals will continue as before, and that they’re there to support us. I spend the day keeping myself busy taking minutes in meetings and helping to organise relief efforts – anything to keep my mind occupied and away from what’s happened. It is only late in the afternoon, when almost everyone has gone home, that I find myself sitting under the scorched Jacaranda trees, experiencing a moment of bittersweet calm. It is hard to describe what one loses in an event like this. Admittedly there are the material things: clothes, books, photos and so forth, but these can, in time, be replaced. It is Eendrag itself that is the hardest to recover from. It is spending a morning at teekan, discussing the latest campus politics, or wandering through the corridors to see who is still awake at three in the morning. It’s listening to girls come to ser late at night, or playing touchies on the Bun, or watching quad cricket, or the first day back after a long holiday. It’s knowing that all around you are people who care. It’s being home. It is only when it is ripped away from us that we realise what we have lost; for me, Eendrag was everything that mattered, and even now, months later, being away from it still brings tears to my eyes.

987_4

Gorrel se komiese blik op die brand

Die Matie, 29 Augustus 2007

Gorrel se maatjie het sy aandag daarop gevestig dat Eendragters wat biblioteekboeke in voorverledeweek se brand verloor het, nie deur die Biblioteekdiens vir die vervanging van die boeke verantwoordelik gehou sal word nie. Aangesien die helfte van die biblioteek se versameling in die semi-permanente Eendragversameling was, is dit nogal ’n aansienlike toegewing. – Die meisies wat daardie oggend uit die koshuis gekom het, kon natuurlik net vir een doel daar gewees het (studiegroepies, wat anders?) – en Gorrel sou graag by die Biblioteekdiens verneem of ook hulle sou kwalifiseer...

’n Koshuis sonder ’n huis

Innes Barnardt

Na afloop van die laaste kwartaal van 2007, is baie gesê oor die eenheid en kameraderie onder Eendragters. Die brand van 9 Augustus het meegebring dat niemand in die koshuis kon bly tot Januarie 2008 nie. Ten spyte hiervan was die positiewe gees by Huisdans die Saterdag na die brand opmerklik, het Eendragters van regoor Stellenbosch die eetsaal met elke middagete volgesit, is die interseksiekompetisie begeesterd voortgesit. Dit was duidelik, om die geykte uitdrukking te gebruik, dat Eendrag baie meer is as die fisiese ruimte van daardie gebou aan die bopunt van Merrimanlaan. Dit is dus nie verbasend nie dat die wat oor daardie laaste kwartaal van 2007 teruggedink het (en steeds terugdink), klem plaas op hierdie bevestiging van Eendrag se essensie. ’n Mens kan egter sodoende vergeet hoe gewelddadig Eendragters uit daardie fisiese ruimte geruk is. Hoewel ditaltyd lekker was om mede-Eendragters in die eetsaal, by sportwedstryde en by Hanedinee te sien, was ons vir die grootste deel van daardie laaste kwartaal wyd en syd versprei. Ek was gelukkig om saam met sowat vyftig ander Eendragters ’n plek in Huis Neethling, waar die spelers van die Rugby Akademie gehuisves word, te kry. Daar is verskeie pogings aangewend om die gevoel van dorre limbo, van tussen-in-wees, teen te werk. Byvoorbeeld het een deel van Huis Neethling ’n nuwe seksienaam – Brandslanggang – gekry, met deurborde en al. Ten spyte hiervan was dit moeilik om die andersheid van hierdie tydelike blyplek, van ’n geheel en al nuwe omgewing, te ignoreer. Die Akademie se rugbyspelers sou met ’n groot emmer supplements op die trap bymekaar kom, en dan lank probeer uitwerk hoe om dit tussen hulle te verdeel. Die storte was anders, die pad klas toe was anders, netwerkverbindings was afwesig. Toe Eendrag se deure in 2008 oopmaak, en ons by ʼn feitlik splinternuwe koshuis kon intrek, het ek besef dat Eendrag nie net ’n gedeelde gevoel van samehorigheid, ’n netwerk van menseverhoudinge is nie. Daar is tog iets te se vir die gekielie van die quad se gras tussen jou tone. Vir ’n uitsig op die jakarandabome, en die fietse en tennisballe wat dit oor die jare met dieselfde gemak ingesluk het. Vir die bestendigheid van die koshuis se twee vleuels, wat uitgestrek lê in ’n gebaar van omhelsing.

Oud-Eendragter beleef die brand

Inus Marais – Primarius 1983

Ek was toevallig die oggend vroeg op pad Stellenbosch toe vir ’n sportbyeenkoms toe my vriend en oud-Eendragter, CN Louw, my bel met die nuus dat Eendrag afbrand. My eerste reaksie was een van deja-vu, want by my in die motor was my vrou, Helene (Basson), wat primaria van Huis Ten Bosch was toe hulle in 1983 afgebrand het! En die nag met sy chaos asook die dae daarna se gevoel van verlies, kan ek nog goed onthou. Ek het dus eintlik al so ’n bietjie geweet watter uitdagings op Eendrag se inwoners wag. Die brand het ’n mens as oud-Eendragter konfronteer met ’n besef oor watter rol Eendrag in jou (studente) lewe gespeel het – dit het ʼn ramp gekort om dit weer tuis te bring. Ons se dikwels vir mekaar dat ’n mens se herinnerings bande met mense is en dat ’n gebou bloot bakstene is. Maar nou moet ek erken – jy het hartseer geraak met die wete dat jou spore en herinnerings in Eendrag dalk in die brand in die slag kon bly. Skielik was Eendrag as gebou ook belangrik, ’n plek wat die “gom” is van al jou herinnerings en verhoudings. Was dit dan nie vyf jaar jou huis nie? En is dit dan nie die tuiste waarna ’n oud-Eendragter soms hunker nie? Ek het by die steeds smeulende koshuis gaan stop en die klompie verslae inwoners gesien. Ek het egter ook ʼn stille vasberadenheid ervaar. In die weke na die brand, kon ons die volgende beleef:

  • Die Eendragters gee om vir mekaar en ondersteunmekaar
  • Die vinnige herbou en inrigting het getuig van deursettingsvermoë
  • Die “nuwe” Eendrag het, soos dikwels in die lewe na ’n trauma gebeur, sterker (en mooier) daaruit gekom.

Eendrag se wapen is nie verniet ’n arend wat na bo vlieg nie. Dit is al vergelyk met ʼn feniks wat nuut en vars uit die as verrys. Miskien het ons nou en dan ’n “brand” nodig om ons tot nuwe hoogtes aan te spoor –Eendrag het dit reggekry! Maar daaraan het ons oud- Eendragters nooit getwyfel nie!

Eendrag more than just a residence

André Coetzee – Primarius 2009 (Hanedinee Vires, 2007)

2007’s Hanedinee was a Hanedinee like no other. The following was a message from the prim:

Hanedinee has always provided residence dwellers with one last opportunity to let themselves go before the exams. It is an opportunity for everyone to come together and enjoy themselves, not just as individuals, but as fullyfledged Eendragters. A rite of passage if you will; first years and Seniors alike, around a bonfire, as equals. This year Hanedinee is more than that. This year, Hanedinee is symbolic of a much greater union. Ten weeks after we were robbed of our home the Eendragters of 987 will gather together for one last time. We will assemble not as Eendrag, a residence, but as Eendrag, a brotherhood. We will come together to remember the good times, for old time’s sake. As the embers cool under the rising sun, Eendragters will look back on a year extraordinaire. For many their last, for others the first of many. Such is the ebb and flow of life in Eendrag: the fire burns; the embers glow; the ash settles; the grass returns.