Today's Date

May 20, 2019

MAD2

Mad2

Eendrag neem volstoom deel aan die jaarlikse MAD2 (Making a Decision to Make a Difference), sekerlik een van die grootste gebeure op die Maties se kalender. Voorheen bekend as Karnaval en daarna JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid), het Eendrag weereens in 2011 'n leidende rol gespeel in die verandering na MAD2, net soos wat Eendrag jare gelede Karnaval begin het deur ʼn vlotoptog te reël – net weereens ʼn bewys dat Eendrag sedert 1961 ʼn kampusleier is op verskeie terrein.

Van die onlangste resultate is as volg:

MAD2 is nie volmaak sonder Eendrag se Vensters nie. Vensters is ʼn opvoering tussen 19:00 en 23:00 met vrolike musiek, helder kostuums, flitsende ligte, asemrowende danse, interessante karakters en verskeie ander elemente om dit so skouspelagtig as moontlik te maak. Gedurende die aand van Vensters besoek daar om en by 25 000 toeskouers die Matie-kampus en Eendrag het altyd iets op die planke om hul voete onder hul uit te slaan.

Die doel van MAD2 is egter ook om hierdie studentepret met ʼn doel te vereenselwig en dit is daarom vir Eendrag ook altyd baie belangrik om iets vir die samelewing terug te gee. Normaalweg word alle ingesamelde MAD2-fondse outomaties aan Matie Gemeenskapsdiens (MGD) geskenk.

Eendrag en Monica begin egter in 2005 ʼn kampuswye tradisie deur hul eie, onafhanklike gemeenskapsprojek te loods en by Kayamandi fisies te help bou aan huise. Hierdie inisiatief word dan ook raakgesien en geprys deur die Universiteit en die MAD2-komitee en ander koshuise word aangemoedig om Eendrag en Monica se voorbeeld te volg. Net nog ʼn bewys van die manier waarop Eendrag sake aanpak en die leiersposisie wat Eendrag sodoende op kampus ingeneem het.