Today's Date

May 20, 2019

Boodskap van Roxanne Eastes

Sr_voog2013

Hello Eendrag

My naam is Roxanne Eastes en ek is julle SR-voog vir 2013. Ek het grootgeword in Kaapstad en het verlede jaar my BA Regte graad voltooi. Ek is tans 'n vierdejaar Engels Honneurs student. Ek is ook steeds 'n trotse Nerina inwoner, so as daar een ding is wat ek verstaan, is dit liefde vir jou huis!

Eendrag is 'n voorloper op kampus wat sport, kultuur, akademie en leierskap aanbetref en daarom is dit vir my 'n voorreg om julle voog te mag wees. Baie dankie vir daardie hartlike verwelkoming by julle eerste huisvergadering - daardie blomme het vir weke op my lessenaar in die kantoor gestaan en ek het tog te lekker gespog met julle by die ander SR-lede en elkeen wat daar ingekom het!

Die SR is hier om jou belange te verteenwoordig en te alle tye te verseker dat jou stem gehoor word. Ons slagspreuk (slogan) vir die jaar is Shift / Verskuif / Shukuma. Met die slagspreuk wil ons graag 'n "skuif" inspireer in alle aspekte van ons studente lewens, hetsy persoonlik of op kampus. Ons het ses fokus areas hierdie jaar, naamlik transformasie, kritiese interaksie, studente sukses, studente gemeenskappe, volhoubaarheid en die skep van 'n insluitende Matie Identiteit.

Know that you can contact me at any time if any problems or questions arise or even if you'd just like to chat. Remember that I'll be at all your house meetings if you want to ask some questions there or you can email me at eastes@sun.ac.za. If it's urgent, you can ask the HK for my number and I'll be there asap! To make sure you're always up to date with the latest campus news you can follow me on twitter @Foxanne_2 or you can follow the SRC at @StelSRC. Lastly, you'll definitely be seeing me at all the Eendrag events and in the Eagle's Pub this year, so feel free to approach me there too! ;)

Ek wens julle net alle voorspoed vir 2013 toe. Mag Eendrag as 'n huis net groei en verder bou op die ongelooflike legacy wat julle alreeds het. Onthou-ek is net 'n e-pos, oproep, sms, whatsapp of BBM ver weg! Ek sien uit na die jaar saam met julle!

Liefde altyd
Roxanne