Today's Date

August 17, 2018

Prospective

Prospective

This area is still under construction and will be updated soon.

Baie dankie vir die belangstelling om Eendrag jou tuiste te maak gedurende jou universiteitsloopbaan. Eendrag Manskoshuis is ’n trotse en tradisieryke instelling waar daar sedert 1961 lewenslange vriendskappe gesmee word.

Die koshuis is veral bekend vir sy akademiese prestasies, maar presteer ook goed op die sportveld. Jaar na jaar lewer Eendrag puik sportmanne wat die Huis se naam hoog hou deur Maties te verteenwoordig in rugby-, hokkie-, tennis- en vele ander sportsoorte. Op kultuurgebied is Eendrag ook ’n leidende koshuis, en die koshuis se Plutosêr het die afgelope paar jaar hom gevestig as een van die top manssêrgroepe in Matieland.

Die Huis se ongeveer 270 inwoners strewe na ’n gebalanseerde lewensuitkyk waar hulle hul akademiese verpligtinge suksesvol met sport-, koshuis- en kampusaktiwiteite balanseer. Die ideale Eendragter kan op kampus uitgeken word aan sy karakter, die styl waarmee hy homself uitleef en die trots wat hy vir sy koshuis en homself het.

Kliek gerus op die skakels aan jou linkerkant en vind bietjie meer uit oor alles wat Eendrag bied.